Bloed!
Jou lewensaar is vol van bloed
dit voed jou, bepaal jou harts gemoed
Jy hoor die druising deur jou kop
met elke oomblik vrot of vol genot!
Die lewe bruis deur jou gemoed
soos bloed in jou dit is ‘n moet
maar soms kerf iets jou skrams
of vol metaal en bloed vloei vry
die lewe kasty, vorm en pynig my!
Jy glo tog seker nie die feit..
dat spoeg en soen bloed vloei kan stuit
soms help die pleisters net nie meer
as bloed eers vloei daar’s min beheer
jy’s mens en bloed maak altyd seer!
Die dood se bloed is droog en hard
jy sien dit maar verstaan jy ooit die smart?
Bloed kan vloei of stil gaan staan
die lewe loop sy wentelbaan
As meisie moet jy bloedseer leer
telke maal is verliefheid o’ so seer
dit sny en kerf jy dink jy kan nie meer
met roof na bloed bly net die letsels teer..
Maar bloed is soet in jou gemoed
Ma word leer jou bloed is moed
jy proe dit maandliks gentiaan bitter groep
dit vloei uit jou, ‘n lewensroep!
As jong seun proe jy so jou bloed
op sportveld en in manne moed
jy moet jouself tog hoorbaar maak
maar hierin ook, lê bloed se smaak!
As man spring jy die bloed nie vry
dis oorlog en beskerm my!
Hoe nou gemaak jy weet bloed skaad
maar so is jy en kwaad moet wraak
met bloedsmaak, modder en die ware jy
selfs bloed wanneer ons jou moet besny
Vloei bloed wat lewe in ons voed
Vloei bloed hier’s ons dis ons halaal!
vlek ons aarde rooi ons sal die prys betaal
ons eer jou bloed jy praat ons taal
mag God ons spaar en verewig ons bewaar!