R.V. 4/11/2008
KRAGFIETS
Daar’s ‘n sonskoon reuk, hier in jou hare,
veruklik soet soos pas- reën gewaste blare
Ek talm ‘n oomblik in die soet genot
druk my lippe sag, verlangend teen jou nek
die vreemde warm honger hol gevoel
hier op my maag, bevestig weer
die brandende liefde in my hart
Ek klou ‘n bietjie stywer om jou lyf
voel en volg die inlê om die draai
met ligte onbekende tinteling
My liggaam lees, verstaan jou taal
vertrou jou blindlings instinktief
My hart bons wild en in my keel
As die kragfiets skielik weer ‘n keer
sy vastrap plek- plek wil verloor,
die agterwiel skop parmantig skielik uit
ek hoor net “tyre” fluit
Ek knyp my oë toe en klou net meer,
ek proe die val al reeds so seer
wat darem dan gelukkig tog,
genadiglik nie gebeur!
Nou voel ek skielik weer hier onder my
die kragfiets brulllend top versnel
vibrasie voer my smeulend mee
soos jy behendig keer op keer
oopdaai, vet gee meer, meer, meer!
Weergalm dit in my,
My asem jaag nou soos die wind
Jy kan dit voel maar net nooit vind
hoe sal ek ooit my vriende kan
van hierdie wonder dag vertel?
Dit is die lekkerste, lekkerste
om vroegdag saam met jou te kan
die ope veld en plaas verken
Met kragfiets volspoed oor die plato
jaag ons, denkbeeldig toekoms in
welkom weiwende gras vlaktes
is wat ek nou flus gewaar
nie eintlik eens meer bewus
van dalk klip, gras en of gevaar
Nou volg ons roekeloos, vol van lag
net soos die loop van hierdie dag
die kronkelende voet- vertrapte paadjies
blindelings soos kersloos in die nag!
Sekerlik nooit sou ons dit doen
as ons eers nabetrag
die werklikheid van kan gebeur
sou ons laat weet ons moet nou keer
Net ek en jy so saam alleen,
niks beterder as jong liefde in gemeen
die veld, die wind en die geur van Lewe!
Onuitputbare vlam waarna ons strewe
So saam gebind soos daardie dag,
so sal ons gaan van krag tot krag
NET LIEFDE tot kom, ONS oudag.
Advertisement