Mak Donkies

Laat ons soos mak donkies loop

om en om tot vasgeval in ‘n wentelsloot

die geld is op en ons is in die nood

die honger van die leef is groot

 

hope mielies moet ons maal

die hoongelag sal nie gou vervaal

Die pap is wit maar die mielies geel

doen jou plig soek so die lig

rondomtalie met die oogklappe aan

elke dag word net te veel..

 

want sien ons hoe die ander wei

voel ons alles behalf bevry

dit wat jy het IS JY!

moet nooit jou naaste sy goed beny

 

die gras is groener aan ander oewer

maar hierdie land is onse moeder

en sy gee ons daagliks onse voeding

vat wat jy kry of hou verby

 

en so sal ons elke dag

met of sonder mag

die tronk beleef

want hier moet ons mos vergeef

 

Jammer telke male tal

al het die jare al meer as een verval

regverdiging is ‘n dure prys

word verdien met geld en vuis

 

mag ons dan nie meer

die son en see geniet

sondes en die sweet

van onse vaders

word nie so gou vergeet

 

ons het die reg

op mag en seg

ons is ook hier om te bly

al se jul ons moet ry..

Published in: on September 23, 2011 at 11:25 am  Comments (1)  

SONDAG

SONDAG

Dis salig rustig binne my

het perde bekyk maar nie gery

wil graag die lekker bietjie rek

draai links  see toe met die vertrek

drink dorstig in die mooi natuur

die strand en see net nog ‘n uur

O” my hel ek sien die donker vel
Die mes glinster is in sy linkerhand
Hy eis dat ek hom als moet gee
Die bakkie die beursie en sommer al die geld
Gaan hy my steek ek is geen held
of net my mens vertroue brand
Gaan ek vandag hier met my lewe boed
Vat als   vat als as jy nou moet

Sy oe vertel sy verhaal van haat
Seker weet hy goed van kwaad
Gaan ek die een wees wat dit vergeld
My lewe hier in bloed verpand
Die skuld is mos nie myne alleen
So ook sal my geliefdes ween
Seker doen hy dit vir nood
Sonder geld vir ‘n stukkie brood

Die vrees neem oor en ekke skree
Druk die toeter my gemoed gee mee
Sy greep ontspan en ek verkas
Ek hol soos nooit oor klip en gras

Nou staar ek ‘n toneel speel af
Ek voel of ek nog nooit daar was
Ek sien my kinders man en moed
Veg om hul lewe, gaan hul ook boet

My kind hou kop en slaan op vlug
Hy bel probeer die mens vertel
Waar en wat is besig aan’t gebeur
En dat hy alleen nie dit kan keer

My jongste staan sy pa naby
Probeer in alles rigting kry
As ek maar tog net nader was

Ag Vader van genade bo

U sal ek in altyd vertrou en glo
Help ons vandag dit is U dag
Laat almal leef om weer te lag

Met klip en stok veg manlief terug
Teen vlymskerp kapmes en swartman vlug
Ag dankie tog hul voel veplig
En slaan toe luidkeels op die vlug
Die see se ritme is weer terug

Die drama is vir eers verby
Die sondag kan weer rigting kry
Die perd se reuk talm skielik in my neus
Sy runnik sal genesend wees.

Published in: on March 2, 2011 at 10:13 pm  Leave a Comment  
Tags: , ,

Bloed!: Afr

Bloed!

Jou lewensaar is vol van bloed
dit voed jou, bepaal jou harts gemoed
Jy hoor die druising deur jou kop
met elke oomblik vrot of vol genot!

Die lewe bruis deur jou gemoed
soos bloed in jou dit is ‘n moet
maar soms kerf iets jou skrams
of vol metaal en bloed vloei vry
die lewe kasty, vorm en pynig my!

Jy glo tog seker nie die feit..
dat spoeg en soen bloed vloei kan stuit
soms help die pleisters net nie meer
as bloed eers vloei daar’s min beheer
jy’s mens en bloed maak altyd seer!

Die dood se bloed is droog en hard
jy sien dit maar verstaan jy ooit die smart?
Bloed kan vloei of stil gaan staan
die lewe loop sy wentelbaan

As meisie moet jy bloedseer leer
telke maal is verliefheid o’ so seer
dit sny en kerf jy dink jy kan nie meer
met roof na bloed bly net die letsels teer..

Maar bloed is soet in jou gemoed
Ma word leer jou bloed is moed
jy proe dit maandliks gentiaan bitter groep
dit vloei uit jou, ‘n lewensroep!

As jong seun proe jy so jou bloed
op sportveld en in manne moed
jy moet jouself tog hoorbaar maak
maar hierin ook, lê bloed se smaak!

As man spring jy die bloed nie vry
dis oorlog en beskerm my!
Hoe nou gemaak jy weet bloed skaad
maar so is jy en kwaad moet wraak

met bloedsmaak, modder en die ware jy

selfs bloed wanneer ons jou moet besny

Vloei bloed wat lewe in ons voed

Vloei bloed  hier’s ons dis ons halaal!

vlek ons aarde rooi ons sal die prys betaal

ons eer jou bloed jy praat ons taal

mag God ons spaar en verewig ons bewaar!

Published in: on February 13, 2009 at 2:31 pm  Leave a Comment  
Tags: , , ,

Verwilderde Dier: Afr

Verwilderde Dier: Afr

Posted on 16:25, September 24th, 2008 by Ciska-Rene

September 2008

Verwilderde Dier”

Deel een:

Die nuwe mens is wilde dier..

sy leiers is vervreem

daar’s skaars een om na op te kyk

self minder om te volg..


hy word vertel van EIE REG

van als wat hy kan kry

moet net nou daarvoor VEG..

maar steeds, hy staan alleen,


hy’t min van waarde oor

van vaderland en eie trots

tot moedervolk is hy vervreem,


hy gun geeneen pret en of plesier

want hy’s wat hongerpyn verduur..

Hy is mos nou  vewilderde dier….


Van moederbors en sorg

word kinders vroeg geneem

Die vaders wie weet waar?

dit laat die donker leemtes oop

vir booswigte en kwaad..


nou kan volksvreemde op-por-tunis

soos indring plant opkruip..

Eers lyk dit mooi die invlegsel

maar word later groot die nood..

soos hy oorlewings drang verwurg!


‘n saad wat tot PRAG boom kon groei

kan nou skaars sonlig sien..

Dis hy alleen wat nou, sy gas moet dien!


Wat kom van dit?

Ons sal moet sien!

Hy is verwilde dier…


Deel twee:


Nie “kleinwild” of “beskermde” dier

geen ram of dragtig ooi ontsnap,

die lammertjies die skarrel rond..

die vee word wreed vertrap


maar jammer geen genade hier!

Die snellers word aan-een getrek

ons MOET die wildsplaas oes!

Want daars te veel om op te deel

jou wins en waarde word bepaal..

jy staan jou staan, en of jy val!


Daar’s bloedspatsels teen mure

afguns, die ongenaakte ture

die haat loop voor ons heen

geen skuiling meer in van ons skure

net God se rykste seen!


Jou eie plaas is veilig nie!

Jou kar is nie meer jou koets

wat was is nie net joune nie

nou eerder jou brandmerk..

jy skuil verniet in jou kasteel

want wat jy het moet jy nou deel


Die jagseisoen is weldrae oop

gaan na jou teleskoop

kry ook jou haelgeweer

die .303 en ander meer

laai sommer “hollow-points..”

die skoot moet erg kan skade toon!

geen winbuks “pellets” hier

jy jag mos wilde dier..


As wilde dier jou storm loop

KAN jy nie retireer

dit weet elk jagter mos..


Spring draad wildsbok jy kan ontsnap..

Daar’s bloedhond op jou spoor

daar’s die wat agter sal moet bly..

Sangoma’s gaan jou toekoms toor!


Gehoor van makhond wat jou byt?

Wees versigtig anders is jy spyt

jou naaste, is hy wel jou vriend

of gee hy Judas kus..


Ons staan mos nou voor naaste vuur

dis moeilik wie bepaal die laaste uur?

Ons weet waar vriende skeiling soek

en wag afwagtend om hul huis se hoek..

met wapens en of byl..ons messe is gevyl!


jou voorbrand pad moet jy verbreed

jy weet ‘n enkel vlam kan alles vreet

Wees bang want glo my iemand moet

vir verlede en hede se sondes boet

wees gewaarsku wees gegroet!

Die spatsels ruik net ene bloed!

Published in: on October 31, 2008 at 11:36 pm  Leave a Comment  
Tags: , , , , , ,

KRAGFIETS..Afr:

R.V. 4/11/2008

KRAGFIETS

Daar’s ‘n sonskoon reuk, hier in jou hare,

veruklik soet soos pas- reën gewaste blare

Ek talm ‘n oomblik in die soet genot

druk my lippe sag, verlangend teen jou nek

die vreemde warm honger hol gevoel

hier op my maag, bevestig weer

die brandende liefde in my hart

Ek klou ‘n bietjie stywer om jou lyf

voel en volg die inlê om die draai

met ligte onbekende tinteling

My liggaam lees, verstaan jou taal

vertrou jou blindlings instinktief

My hart bons wild en in my keel

As die kragfiets skielik weer ‘n keer

sy vastrap plek- plek wil verloor,

die agterwiel skop parmantig skielik uit

ek hoor net “tyre” fluit

Ek knyp my oë toe en klou net meer,

ek proe die val al reeds so seer

wat darem dan gelukkig tog,

genadiglik nie gebeur!

Nou voel ek skielik weer hier onder my

die kragfiets brulllend top versnel

vibrasie voer my smeulend mee

soos jy behendig keer op keer

oopdaai, vet gee meer, meer, meer!

Weergalm dit in my,

My asem jaag nou soos die wind

Jy kan dit voel maar net nooit vind

hoe sal ek ooit my vriende kan

van hierdie wonder dag vertel?

Dit is die lekkerste, lekkerste

om vroegdag saam met jou te kan

die ope veld en plaas verken

Met kragfiets volspoed oor die plato

jaag ons, denkbeeldig toekoms in

welkom weiwende gras vlaktes

is wat ek nou flus gewaar

nie eintlik eens meer bewus

van dalk klip, gras en of gevaar

Nou volg ons roekeloos, vol van lag

net soos die loop van hierdie dag

die kronkelende voet- vertrapte paadjies

blindelings soos kersloos in die nag!

Sekerlik nooit sou ons dit doen

as ons eers nabetrag

die werklikheid van kan gebeur

sou ons laat weet ons moet nou keer

Net ek en jy so saam alleen,

niks beterder as jong liefde in gemeen

die veld, die wind en die geur van Lewe!

Onuitputbare vlam waarna ons strewe

So saam gebind soos daardie dag,

so sal ons gaan van krag tot krag

NET LIEFDE tot kom,  ONS oudag.

Published in: on October 30, 2008 at 5:44 pm  Leave a Comment  
Tags: , , , ,

Kinderkaperjolle! Afr:

Kinderkaperjolle! Afr:

Posted on 10:31, September 14th, 2008 by Ciska-Rene

September 2008

KINDERKAPERJOLLE


woeste rondomtalie

hardloop deur die gras

gryp die naaste saad

proe die soet na – smaak

wed jou lewe op ‘n klawer

hy is, hy is nie, …..hy is?

Voel die vlees van  blare

ruik die geur van elke sap!

giggel oor die nuutste nuus

wens jou  jonkwees weg

hoop op beter dae..

ruik die soet van rose

verstaan die doring steek!

so word jou lewe wakker

al sluimer als wat jy ken nog

want kinderkaperjolle

lewenskrag in jou ..

moet jy ewig koester

dis soos die wind……

voor  jy weet net weg!

Published in: on October 28, 2008 at 11:59 pm  Leave a Comment  
Tags: , ,

Boepebiellematolletjie: Afr

Boepebiellematolletjie: Afr

Posted on 12:56, September 14th, 2008 by Ciska-Rene

4/9/2008

MY BOEPE BIELLE – MATOLLETJIE

JY’S NUUT, JY’S  MOOI EN

SO VERSKRIKLIK SKOON

DIE LEWE LÊ VOOR JOU

EEN GROOT LEWENSDROOM!

NEGE MAANDE WAS DIE WAG

GEWONDER OOR JOU, DAG NA DAG

JOU VORMING ELKE UUR GEVOLG

EN HOE JY DALK GAAN LYK.

JOU VERTROETEL,OOR JOU OPGELEES,

MY MAAG GEVRYF, JOU VOEL BEWEEG

MUSIEK GESPEEL, LEGKAART GEBOU

REG GEËET GEWAG VIR JOU

GOD GEVRA EN HOM VERTROU

NEGE MAANDE AANMEKAAR…GEEN ENKELE BEROU

DIE AFWAGTING WORD LEWENSGROOT

GAAN EK DIT KAN OORLEEF?

MY MOEDER INSTINK SKOP OOK IN

ALLES OM MY WORD NOU BEMIN

NIKS IS LELIK, NIKS IS SLEG

EK SKROP NOU NES BOU WOES EN ERG

JOU KAMER MOES OOK LANKAL KLAAR!

MET AL’S WAT ONS JOU NOU KAN BIED

VERWONDERD DEUR JOU KOMS

SO SKIELIK LAAT JY MY HART BONS

NA AFWAGTING VAN URE WEKE MAANDE,

IS JY TOE SKIELIK DAAR…..

DIE WARMTE VAN JOU NOU NET GEBEUR

LAAT MY GERUSTEND WAG

SALIG JY IS HIER – VERLIGTING

EK MAG ‘N OOMBLIK RUS

HUL LE JOU SOETHEID VERSIGTIG NEER

MY BOESEM REIK NA JOU…..

MY HART IS SKIELIK GROOT IN MY

WANT AL WAT EK VERLANG

IS EEN MET MY, EN MY ALLEEN

JY STAAR MY O SO GROOTOOG AAN

EK HOOP EN BID EK SAL VERSTAAN

SO SKOON, SO MOOI , PERFEK

‘N ENKELE PARE ONS..

‘N HARTKLOP SOOS ‘N VULLETJIE

IN VOLLE VAART GALOP……

MAG NIKS JOU OOIT VERANDER NIE

MAG NIEMAND JOU OOIT SKAAD

EK WENS JOU NET DIE BESTE TOE

MET ‘N GETROUE LEWENSMAAT

JY IS MY EIE KLEINDING NOU..

MY HART WIL JOU OMVOU

MY KLEINE BOEPE BIELLE – MATOLLETJIE

EK IS SO LIEF VIR JOU!

MAG MAMMA OP JOU MAGIE BLAAS

SAL DIT JOU NIE BESEER?

KAN EK JOU IN DIE WATER BAD

GAAN JY STEEDS NIKS MAKEER?

WANT AS EK NIE NOU IETSIE DOEN

OM JOU TE LIEF MY KIND

SAL DIT WAT EK VIR JOU HIER BINNE VOEL

SPONTAAN MY HART VERBRAND

Opgedra aan my Oudste J.V.

Published in: on October 28, 2008 at 11:49 pm  Leave a Comment  
Tags: , ,

Kragapie: Afr

Kragapie: Afr

Posted on 15:18, September 14th, 2008 by Ciska-Rene

4/9/2008

KRAGAPIE


Jy staan jou man al ses voet vol

al is jy nou skaars Tien

Niks is onmoontlik groot vir jou

jy sien vir Reuse kans…

Met vuur en vlam pak jy dit aan

meer as wat ons sou verwag

Met Ouboet aan jou sy vir nou

sal jy tien duisend myle stap…

Jy volg hom selfs al voel jy vaal

probeer so hard sy pas handhaaf

Maar grootman Pa se Kragapie

jy rol jou eie klip!

Jy is nie op die kantlyn nie

Jy kan jou eie kar omgooi

jy staan jou eie man.

Van vroegdag en tot laataand saans

is jy die een wat keer…….

jou sagte armpies vou om ons

jy troos ons as gesin van boos

Jy soek die redelikheid van als

en stuur ons soontoe telke maal

my hart wil breek wanneer ek wis

jou eie seer wat jy verskans

want dit wat tel vir jou is mos

vir vrede en genoegdoening

Jy bied jou liefde vreesloos bloots!

put genot uit elke poort

solank daar liefde hierso heers

voel jy nie eensaam of verstoot

Dankie vir jou liefde seun

jy is ‘n ware steunpilaar

so sterk soos marmer en so blink

want jy is een met jou bestaan

en staan jou plek reeds vol.

nie eens die son sal jou verskroei

die lewe wag vir jou!

Vertrou op dit wat Hy jou bied

en jy sal steeds ontvou…

Daar lê ‘n diepe siel in jou

vertroetel hom net meer..

Gun almal van jou sonnestraal,

maar gewaarsku seun,

mense is nou eenmaal so

hul sal als uit jou HAAL!

Dien eers Hom en dan jouself

Maak werk van dit wat jy begeer!

maar moet in die proses nooit, ooit

jou dierbaar vleklose siel verloor!

Mams sê jou nou dat blink die weg,

nie altyd is soos “ Wat is Reg!”

Skyn liewer as ‘n silwer ster

want goud is koud al blink dit ver!

Opgedra aan my Jongste R.V.

Published in: on October 28, 2008 at 11:48 pm  Leave a Comment  
Tags: , ,

Boetie: Afr

Boetie: Afr

Posted on 19:24, September 14th, 2008 by Ciska-Rene


Septermber 2008

BOETIE

En skielik is die dood op my

‘n Enkel oproep en dis verby

Jou boetie is dood my kind

Kom help jou ma ek gaan verdrink


die skok is groter as die see

dit sleep my om wel om te gee’

ek verstaan wat ek wel moet doen

‘n Enkel sluk whiskey ruk my skokkend terug


Ek moet verkas dit is my plig

My liggaam slenter heelpad saam

ek sien die vlaktes verbygaan

die pad is donker en benoud

dank Vader vir ‘n steunpillaar

My lieflings woorde sluimer deur

byt vas my ding dis handomkeer

daar sal weer lig wees glo net vas

ek neem jou tuis met al my mag.


My ma verwese staan sy daar

verbly deur koms maar seer en teer

Sy het die dood al oë gestaar

hoekom al weer haar lieflingseun?

Wat staan ‘n Moeder tog te doen

want niks sal hierdie seer verbloem…


Staan sterk sussie ons kan dit doen

Jy moet gaan groet al wil jy nie

Die tyd is nie nou joune nie

daar staan sy kinders kyk na jou

stel nou die voorbeeld hul vertrou

Al is hul klein hul gaan onthou

en haat vir dood is nie vir jou

trek aan jou kerkrok ons verkas

Avbob is net ‘n pitstop nou


Ek nader stil die dodekis

dis geelhout met ‘n goue “glow”

Is dit die son of gaan hy nou?


Maar rustig slapend mooi soos eens

lê boetie daar asof hy slaap

ek voel die vrede skielik my omvou

beloof hom om altyd te onthou


Ek vra hom om my saam te dra

en altyd oor ons waak te hou

Groet pappa wat ek nooit kon ken

en sê vir sus, ek weet van haar


Ek belowe om hom te vereer

sy liefde aan sy kinders oor te dra

Sy nasate is deel van my …

Ek is so jonk maar ek belei


lewend is my ousus daar

vee trane af en se bedaar

want sy het al die seer geproe

nog voor ek ooit dit kon verstaan

sy weet wat moet en ek volg saam

ons gaan ons boetie nou laat gaan


Dis rouer as skoon lewersbloed

ek dink ek gaan dit nie oorleef

maar Godsgenade dit gaan verby

glo my tyd is nie jou vriend

jy hunker telkens terug na hom

en wens om hom te bel

Ek wens om jou so veel te vertel

maar sal jou in my drome sien


Dankie boetie vir dit wat was

vir beertjies en die dra van my tas

My voet beseer die bloed wat vloei

net jy om my toe by te staan

Ek val ook van my fietsie af

weer is jy daar om om te sien

Ek weet nie veel maar kan onthou

die tye lekker saam met jou


jou terggees talm telkens hier

my kinders deel so veel van jou

hul ken jou naam hul ken jou gees

daars trekkies om maar elke draai

JOU kinders was so sweet gewees

maar altwee is ook groot so gou

hul ken jou seun

hy is hul volbloed Oom

Jou dogter is ook al ‘n vrou

ek wens jy kon dit nou beleef

Die trots sou jou oorspoel


Ek is ook ma en vrou vandag

Ek wens ek kon dit met jou deel

daars soveel meer om te vertel

ek sien jou weer!

Groetnis Vaarwel!

Published in: on October 28, 2008 at 11:46 pm  Leave a Comment  
Tags: , ,

Modder – Sakaboelaman: Afr

Modder – Sakaboelaman: Afr

Posted on 08:54, September 19th, 2008 by Ciska-Rene


September 2008

MODDER – SAKABOELA MAN!

Skielik is dit piknag swart..

Agge nee die krag is uit

Ek tas in donkerte verward

Trap soos ‘n mal ding rond

val oor iets soos ‘n kind se tas

stamp my winduit teen die kas

Ek vloek ‘n keer en “ try” ma weer

genadiglik kry ek my kers

nou nog net die “matches” ook

bewend vind my vingers lig

‘n vriend’lik vlammetjie veg teen die wind

hy wil wil vrek….ek help bakhand

hy kry die die moed en brand voluit

moedig my ou kersie klein

teen die donker mag

hy brand vebete al wat hy kan

maar wen net ‘n kolletjie klein,

darem is dit genoeg om

die bang te laat verdwyn

Ek hoor die klap van iets wat val

en wip omtrent orent

wat was dit tog?

ek dink die deur, maar seker is ek nie!

Met kersie flikk’rend in die hand

vaar ek die duister in…

ek ken my huis

ek is is mos groot

en glad nie eers ‘n bietjie bang!

O ‘donder daar is dit dan weer

net heelwat harder hierdie keer

Ag nee man se ek vir myself

jy weet mos dis onwaar

Maar kyk daar buite ek sien hom

Dis hy wat na my staar..

Sy oë is rooi en flits hierheen

Die jaspant vlap, hy staan alleen Nat hare hang lang slierte om hom  heen sy skouers ongelooflik breed Hy’s ses voet plus dit moet jy weet!

Die modder drup plons op die grond

hy het uit niks  verrys…..

Hy gluur na my en ek versteen

as ek nou nie roer sal hy verdwyn

ek ken hom mos…..

van- van- te- vore sien

Sy naam is Modder Sakaboelaman !

hy kom in donkerte om JOU te vang

Dis hy wat al die speelgoed steel

sy spore tel mens selde op

hy leef in donker skadu’s van die nag

waar niemand hom ooit sal verwag

hy sluip om huis se hoeke rond…

hy soek sy ietsie geval in die grond

Jy dink dis wind wat daarso huil

maar o nee mens dis hy wat fluit

Hy roep sy wolf die nare dier

om hom te sien is geen plesier

Hy laat wel spore in die sand

maar ligvoet rats hy bly kalant

loop jy hom raak vlug liewer gou

sy spoeg stink erg en hy ruik vir jou

Staan doodstil moet gee spier verroer

ek vertel jou dit anders is jy in jou moer!

O wee genade tog ek bly versteen

My oë is toe ek kla en ween

daar voel ek ietsie teen my been

Die Skrille Gil kan ek nie keer

daar voel ek dit dan weer!

Dis seker hy wat my wil vreet..

ek hoor die rommel van sy maag

my hart kop wild my asem jaag

my vingers gaan ek nou afknaag..

Die TV skreeu my skielik terug

die krag is aan ek voel verlig..

dit alles het ek my verbeel

dis donkerte wat my sterk steel.

opgedra aan klopper
Sakaboela … flap – langstertvink!
Verwysing: HAT(verklarende handwoordeboek v/d afrikaanse taal)
Published in: on October 28, 2008 at 11:45 pm  Leave a Comment  
Tags: , , , , ,
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.